Geseën om 'n betrokke dienende gemeente tot eer van God te wees

Welkom by die webtuiste van ons gemeente.

Ons gemeente is so agt kilometer van Mosselbaai af geleë, op die pragtige tuinroete.  Dit is nie verniet dat die omgewing hier bekendstaan as die Eden distrik nie. Ons gemeente is die rustige woonbuurt Danabaai wat deel uitmaak van n bewarea.  Hier is die mooiste uitsig oor die Indiese oseaan, met Vleesbaai, Boggomsbaai, Fransmanhoek en Kanon aan die oorkant van die baai.  Dit is glad nie n vreemde gesig om Bosbokke op jou grasperk te sien waar hulle rustig wei nie.  Die omgewing is ook geseën met die mooiste fynbos, proteas en aalwyne.

In hierdie pragtige omgewing bly hier net sulke pragtige kinders van die Here, wat hier hulle roeping en getuienis uitlewe.  Ons beskou dit as n wonderlike voorreg om deur die Here hier geplaas te wees, waar ons ons deel binne die die liggaam van Christus kan doen.

Kuier gerus op ons webblad rond, maar dit sal vir ons heerlik wees om jou persoonlik hier te kan ontvang.  Kom stop gerus hier by ons as jy in die omgewing is.

U kan gerus na die skakels onder nuusbriewe hiernaas gaan. Ons het die week se afkondigings en die ligtoring daar geplaas sodat u dit rustig kan besigtig. Die dokumente is in pdf formaat en kan deur u gedruk word sou u n afskrif verlang. U het adobe reader nodig om die dokumente te kan besigtig. Indien u dit nie reeds op u rekenaar het nie het nie kan u dit gratis hier aflaai.

Bybelgenootskap Spesiale Aanbod